Die Sitrus Akademie is ʼn seksie 21 maatskappy wat gestig is met die doel om ʼn gunstige omgewing vir vaardigheidsontwikkeling in die Suider-Afrikaanse sitrus industrie te skep. Die Akademie spreek die volgende uitdagings aan: die gebrek aan vaardighede, skaars en kritiese vaardighede, indiensnemingsgelykheid, produksie transformasie en die kwaliteit van dienslewering.
Jacomien de Klerk (links) is die bestuurder van Sitrus Akademie, Desiree Schonken(regs bo) is die Beursfonds bestuurder, onder haar is Candice Sydenham, die Beursfonds Administrateur , Sam Louw is hul persoonlike assistent en heel onder is Londiwe Ngcobo, die kantoorassistent.